Op Woes.co.za onder Gedigte

Die denneboom

Die saadjie het ontkiem, gegroei, ontuis
'n Denneboom in n vrugteboord
Gebuig, gebuig
Breekpunt seer, waarom dan Heer!

Die jong boompie kry 'n etiket: bipolêr!
Verlangend na 'n woud:
Daar sou 'n sprokie wees wat sin maak;
Maar die boompie verwelk dag na dag.

Van die takke opgekap en bestem vir as
Gee die boompie in teen die mag van al die seer,
Die ontuis gevoel in die boord,
Die ewige buig-breek proses.

Tot op 'n wonderdag: 'n Hemelstem!
En die Hemelgieter reën mildelik op die denneboom
Was die sielevensters silwerskoon
Die wonder: Al God se bome in 'n Ewige Woud weg van die seer.

Die sprokie realiseer vir die denneboom.
Oral is vrugtebome ook soekend na die Ewige Vrugteboord.
En besef die denneboom weldra sal dit gebeur:
God se Koninkryk pas elkeen van sy boompies perfek.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/die-denneboom-projek-bome-2015-08-05-tot-2015-08-18-projek-bome-2015-08-05-tot-2015-08-18
Hannelie

My naam is Hannelie Viviers. Ek is gelukkig getroud met 2 kinders.Skryf is 'n venster na 'n mens se siel Dit is deel van my siel se heling

My bibliografie, Reistog van Genade, is beskikbaar
Dit beeld my reistog met bipolariteit uit. Die aanvaarding daarvan en hoe God my daardeur gedra het.



Totale stukke publiseer: 40
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 59