Op Woes.co.za onder Gedigte

Die gebroke kompas

In die harwar van die lewe
Wanneer storms in my woed
Bring jy kalmte in my lewe
Stilte in my gemoed

Ek vind in jou my rigting
Wanneer dit voel ek doelloos dwaal
Jou teenwoordigheid my ontvlugting
Van die ewige gedwaal

Hoeveel keer was jy nie daar
Wanneer ek voel die lewe is te swaar
Weet jy mag ook maar -
Jou kop is nie te swaar

Wees gerus bedagsaam
Jou vyand, die stilte
Bring sy vriend eensaamheid saam
Dit breek mens af, die stilte

Tot jou hart aan’t skerwe lê.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/die-gebroke-kompas-letsels
TK

Het waardering vir die diep dinge in die lewe en 'n volbloed "hart-mens". Kan soms lank oor dinge filosifiseer, romantiseer en fantiseer en druk dit wat my pla maklik in woorde uit.

Sommige van my skrywes dateer uit my tiener dae (ek het in Std 6 die pen nader getrek), maar het na skool die pen bietjie laat rus. Die nuter werke is skeppings vanaf ongeveer 2010.

Ek behou kopiereg op alle gepubliseerde werk. Moet asb nie enige werk van my op Facebook, Twitter of enige ander sosiale netwerk bemark nie, want dit kan my van kopiereg ontneem.



Totale stukke publiseer: 66
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 85