Op Woes.co.za onder Gedigte

Die kamers van jou hart

Die eens purper rooi kamers van jou hart
Nou verbitterd en pikswart
Die lewe het jou ‘n paar houe gegee
In ruil daarvoor het jy moed opgegee

Ek daag jou uit …

Plant ‘n tuin in jou hart
Om suurstof deur jou lyf te pomp
Draai weg van jou smart
Gooi dit weg verdomp

Laat liefde pomp deur jou are
En vergeet die hartseer jare

Stof af jou fodde jas
Dra‘n magenta das

Glimlag as jy iemand groet
En storm die lewe tegemoed

Maak jou hart weer purper rooi
Jy is immers niemand se prooi

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/die-kamers-van-jou-hart
TK

Het waardering vir die diep dinge in die lewe en 'n volbloed "hart-mens". Kan soms lank oor dinge filosifiseer, romantiseer en fantiseer en druk dit wat my pla maklik in woorde uit.

Sommige van my skrywes dateer uit my tiener dae (ek het in Std 6 die pen nader getrek), maar het na skool die pen bietjie laat rus. Die nuter werke is skeppings vanaf ongeveer 2010.

Ek behou kopiereg op alle gepubliseerde werk. Moet asb nie enige werk van my op Facebook, Twitter of enige ander sosiale netwerk bemark nie, want dit kan my van kopiereg ontneem.



Totale stukke publiseer: 66
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 85