Op Woes.co.za onder Gedigte

Die lewe, 20.14

Is die jonkheid werklik dood,
die vrolikheid van die jeug
in die buitekamer ingestoot?
Moet ons werklik elke dag
die realiteit van werk en waardes
volgens "die sisteem" uitleef?

Is daar dan geen tyd en plek vir kreatiwiteit,
vir speel en lag en bietjie spot,
vir dans en sing,
al doen ons dit 'n bietjie vrot?

Hoeveel interaksie het ons nodig?
Sou die samelewing van ons verwag
om bloot te bly bestaan en werk te doen,
al die vreugde dalk oorbodig?

Waaruit put die mense vreugde?
Arbeid adel,
maar daar's tog diep binne
net een natuurlike breinintoksifikasie
(wat werklik werk..)
Die interaksie van 'n ander wese wat
(al is dit net met tye)
jou bestaan en denke kan waardeer..

As jou lewe se erns
jou jeug se genot verdryf het,
is daar geen sin in om
die lewe se smart
met 'n stekelrige houding
te vererger nie.

Sonder jeugdige pret
word die lewe 'n las
en interaksie met ander
'n isegrimmige blaf.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/die-lewe-2014-jeug
Woordverwerker

Ek is lief vir my moedertaal, Afrikaans. Ek is lief vir woorde, hoewel ek nie formele naskoolse taalkundige opleiding het nie.
Ek skryf soos dinge by my opkom, nie noodwendig met 'n vooraf besluit nie. Soms begin ek iets, dan voel dit of die gedig homself sommer skryf.
Die probleem is meestal om dit kort te hou. Ek volg soms 'n pad wat baie draaie loop.

Ek is 'n boer van beroep, sommiges sou sê 'n Boer in murg en been..

Ek geniet die mitologie, raaisels, metafore, geskiedenis, die natuur, tegnologie, ou goed, nuwe dinge..
En soos iemand hier op WOES my geheue verfris het: Surrealisme. ;-)


Ek sal dit waardeer as die lesers hulle opinie uitspreek. As jy nie van iets hou nie, sê dit! Dit is net deur kritiek wat mens kan leer.



Totale stukke publiseer: 351
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 2,350