Op Woes.co.za onder Gedigte

die onheilige einde

Is dit die einde van wat ons is,
als wat ons behoort of na te strewe,
als ongedaan gemaak, als wat moes wees, -
Is dit die einde?
'n Liggaam verrot onder 'n plaat van klip
verteer na as in die vuur,
ook wanneer 'n gedagte ontbind, -
Is dit die einde ?
Ons passies keer die wees omhoog
raak slaags met ander harte
en mislei, met ‘n glimlag na die dood,-
Is dit die einde?
Die harp en siter lê verpletter en stom;
is die onsigbare speler dan dood?
As die boom afgekap is, waar die voël sing,
moet die musiek staak en die sanger rus?
Is dit die einde?

Totdat alles gedoen volbring is
en Hy wat die sterre gemaak het hier is,
tot die hart ontdek wie God is,
en die verstand self weet.
Ja, selfs dan, is daar geen einde nie.



Ns.: Kom ons gil teen die rondstoot van blinde aanvaarding!
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/die-onheilige-einde
Hennie Fritz

Wanneer die dam vol raak, sal dit oorloop.....
Ek neem die “pen” op, om die gedagtes wat tussen my “hart” en “verstand” vasgevang sit, uit te kry. In meeste van die gevalle doen ek dit net vir myself. Dit mag dalk wees dat dit erens vir iemand anders van waarde kan wees. Dit is goed so.
 ‘n Wyse geselser het eenkeer gesê dat baie van ons is wie ons nie wil wees nie – dit is net wanneer ons eerlik tyd neem om vas te stel, dat ons meer word wie ons moet wees. 
So soekend het die skryfgoet vir my meer sinvol geraak.

So is my hoop dat elkeen wat soek, Sy antwoord sal vind.
 

© Aangesien dit myne is, behou ek die regte op die inhoud van my skryfgoeters.

Alhoewel, kritiek en leiding sal ek waardeer.
 



Totale stukke publiseer: 308
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 1,393