Op Woes.co.za onder Gedigte

Die Ridder van die G.P.O

Erens in 'n donker gat
broei die donker nog meer donker.
En oral oor die wye vlaktes heen
skyn die witter lig nog witter.
Soort na soort,
soos dit hoort.

'n Brief aan die Hoe Kommisaris:
Geagte Heer,
'het gevaar' moet ons keer.
Loop lig met die lig,
beskerm menseregte.
Reserveer, preserveer
in belang van die kroon.

Yours faithfully
Sir Godfrey
(anti-apartheid lobbyist - 1905)

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/die-ridder-van-die-gpo
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17