Op Woes.co.za onder Gedigte

Die winterwind maak amok op die strand



Vanuit die diepsee
kom jy aangestorm
lig die golwe hoog op
en blaas hul uit op die strand
jy volg kort op hul hakke
en waai die seesand deurmekaar

in die verbygaan
gryp jy moedswillig na my hoed
trek my hare styf agtertoe
pluk parmantig
aan my rok se soom
dan val my tydskrif
en jy blaai vinnig daardeur
as ek buk om dit op te tel
sproei jy my gesig met seewater

jy roer die vlak kant van die see
tot bolle skuim
blaas dit op droë sand en trap dit fyn
jy jaag ’n krap tot hy verdwaal
kinders op die strand wil huis toe gaan
onskuldig fluit soos jy ’n jongman
en hardloop weg oor die water soos ’n seeman.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/die-winterwind-maak-amok-op-die-strand
Bets Bronkhorst

Meeste van my gedigte dra 'n unieke waarheid. 'n Storie wat vertroulik aan my vertel was oor 'n koppie tee. Ek noem hierdie gedigte "Spieelbeelde" want die verlede staar ons soms vol in die gesig.

Ek dank die Here vir hierdie gawe wat ek ontvang het. Om dit wat ek soms nie hardop kan se nie, wel op papier vas te le. Vir my gedagtes wat ver paaie met my stap, om dit wat kosbaar is te gaan haal. Ander se stories het my so geinspireer en my woorde gelei sodat ek hulle hartseer of blydskap in vorm van 'n gedig kan skryf, sonder dat hul bewus is daarvan. Ek deel dit graag met jou.

Ek behou natuurlik ook kopiereg om al my bydraes



Totale stukke publiseer: 286
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 1,183