Op Woes.co.za onder Gedigte

Digter-Dromer

Ek is die man met die neuspelsjas
Wat gesê is kwesbaarheid is verbode
Nou staan ek op verhoor voor julle senode
Ek baar elke traan as my sterker opstaan metode

Ek is die man met die neuspelsjas
Wat gesien word as n enkelbedeelde kamasutra gedagte
Al wat ek hoor is julle suurlip plooi gefrommelde klagte
Laat my vir jou serenade in oranje vuur nagte

Ek is digter, ek is dromer
Beknopte skouers en n trane kussing
Ek is digter, ek is dromer
Jou rots met sy groen stoppelbaard

Ek is die man met die snorkskokgolwe
Wat moet leier wees van jul vals steriotipes
My oë bepleit my saak maar stuur my na jul donker dieptes
Ek beskerm jou hart en vernietig hul mites

Ek is die man met die snorkskokgolwe
Met my matrasgekamde hare en kraakvars oë
Ek is die man met die bloudag koffie-asem
Wat haar balsem lippe in n gemmer son laat skyn

Ek is digter, ek is dromer
Beknopte skouers en n trane kussing
Ek is digter, ek is dromer
Jou rots met sy groen stoppelbaard
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/digter-dromer
D

Ek is n passievolle mens wat meeste van die tyd verdwaal in my eie gedagtes, woorde en musiek. Ek het 3 jaar terug vir die eerste keer begin gedigte skryf en sedertdien spring die woorde met bondels passie rond in my kop en jaag my emosies van pen na papier.



Totale stukke publiseer: 11
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 21