Op Woes.co.za onder Gedigte

Dis

Dis wanneer die wêreld skielik ophou draai,
dat my gedagtes aanhou skoppelmaai...
Dat die branders my van my voete afgooi
en my in ongewenste herinneringe tooi...

Dis wanneer alles stil raak
en ander mense besoek word deur Klaas Vaak
Dat ek diep in my hart na antwoorde soek vir die vrae,
die oneindige hoekoms wat tog so pla!

Dis wanneer ek stry teen die onverklaarbare seer
Dat ek onthou net die tyd sal leer
Dis wanneer ek besef dat ek die waarheid moet ontmoet,
dat ek voel hoe wankel my moed

Dis wanneer ek besef waaroor alles gaan
Dat ek my weg deur struikelblokke probeer baan
Dat ek besef ek kan aanhou roep,
maar nie eers ek weet waarna ek eintlik soek

Maar dis ook wanneer ek voel of ek nie kan asemhaal,
dat ek besef ek is nie alleen al voel ek verdwaal...
Want God hou Sy hand oor my en jou
Met Sy liefdevolle arms bly Hy ons omvou
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/dis-1433757599
Marthie-Lize Thomas

Lees asseblief my bydraes en lewer gerus kommentaar-positief of negatief-op die ou einde is dit hoe ons leer. Skrywers moet voortdurend daarna streef om hul talent te slyp en hulle skryfstukke te verbeter. NS-Ek behou kopiereg op al my skryfstukke



Totale stukke publiseer: 40
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 44