Op Woes.co.za onder Gedigte

Dit is 'n Feit!!!!

Dit is 'n feit,
dat sekeres meer balangrik is
oor die pos wat hul beklee,
dat sekeres meer gehard is
oor hul verlede en hul wee

Dit is 'n feit,
dat sekere persoonlikhede sal bots
oor die mense wat ons is,
dat sekeres gaan optraand stap
oor die geleenthede wat hul mis

Dit is 'n feit,
dat sekeres dink ons denke is vals
oor die ervaring in hul gees,
dat sekeres meer insig geniet
oor al die boeke wat hul lees

Dit is 'n feit,
dat sekeres beter is as ons
oor hierdie feit is hul baie bewus
Dit is 'n feit
dat sekeres net altyd vol kak is...
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/dit-is-n-feit
BoomBas

Wie is ek...? Ek is die alternatiewe afrikaner. Ek is die ou wat daagliks in suits rondloop en snags in bars uit hang waar ek die Suid Afrikaner se nationale sport beoefen... kak praat en bier drink. Ek se wat ek dink en ek dink nooit wat ek se nie. Ek sien 'n ding soos hy is en probeer nie alles met mooi blommetjies en reukwater kamofleer nie... Ek is 'n vegter vir ons land en ons taal, maar ook vir die ander in ons land en ook hulle tale. Ek glo in dit wat reg is en dit wat goed is... nie dit wat almal wil he moet reg en goed wees nie. Ek dra my onderbroek aan die buitekant... Ek...is BoomBas!



Totale stukke publiseer: 9
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 35