Op Woes.co.za onder Gedigte

Eros ontwaak

Sovel skare tussen ons
Terwyl ons met mekaar grap
Ons oe ontmoet wer
'n Verbintenis

Ons oe hou mekaar daar
Gegrond op een gedagte alleen
Soeke na mekaar se hede
Die verlede ken ons reeds

Ek probeer weg te kyk
Maar jou woorde hunker my terug
Jou oe se net te veel vannaand
"Dade wat ek nou eers verstaan"

Gedog ek kan die ou met lang hare bly
My vrouwees wegsteek van jou
Maar jou gedagtes het ontwaak
Jy sien my nou eers raak

Terwyl jy my in jou arms neem
Vloek ek testosteroon en estrogeen
Wat soveel jare weggebly het
Wat die Eros in jou weggesteek het

Jy soen my sag en teer
Jare se omgee en liefwees
Spreek jou lippe
Met hierdie eerste soen
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/eros-ontwaak
Dagtehart

Die is my wegkruip plek
Van almal
Van jou

Hier kan ek se
Wat ek wil
EN jy sal nooit weet



Totale stukke publiseer: 41
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 10