Op Woes.co.za onder Gedigte

GEDIG VIR DIE JEUG

Daar is iets verkeerd
Met die jeug...
Lief en leed nie vergeet
Wat kan dan makeer
Dit gaan sleg met die weer.

Waarom moet ons werk?
Dit is sommer net snert
By die kerk
Verkies ons eerder tert
Spog met ‘n tatoe merk;

Tyd raak laat
Ouers word kwaad
Die tieners gaap
Hulle wil nie gaan slaap
Dit word al hoe laat

Vroeg opstaan
Skool toe gaan
In agste laan
Hardloop voete om die baan
Al weer vroeg opstaan!

Wat makeer die jeug
Nie alles is ‘n klug
Ons gaan ‘n party stig
Die Kollege mure is dig
Tieners doen jou plig!

Waarna sal ons streef
Eet ook nie kreef;
Ons wil net leef
Dit is waarna ons streef
Staan net gou op dreef.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/gedig-vir-die-jeug-nuwe
Everien

C.E. Pretorius (vryskudskrywer)

Ek het al geskryf vir Do It Now Magazine in 2014 (reisartikels), ook briewe vir Rekort Wes koerant. Gaan binnekort ook publiseer in Caravan and Outdoor Life magazine (reisartikel). Ek skryf gereeld fantasie en wetenskapfiksiekortverhale vir AfriFiksie se kompetisie. Het ook my eie webblad, genaamd fernowerf. fernowerfvirskrywers.simplesite.com. Daar gee ek goeie raad en wenke oor skryf en gratis goed om af te laai. Gaan loer gerus in!Jy is wie jy wil wees. So make the best out of life, because you only life ones!



Totale stukke publiseer: 57
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 28