Op Woes.co.za onder Gedigte

Geëts op die silwerdoekshart.

No 78.


O onverdiende genade
van onse Grote Vader
so onbeskryflik groot.

O onbaatsugtige liefde aan haar kroos
ewige vreugd vir moedershart
geëts op die silwerdoekshart.

O onbeskaamde hoop
vir haar tekortkominge
in die opvoeding vir haar kroos.

O in die vrede van haar hart
is selfaanvaarding
vir al die lewensontbering.

O vrymoedigheid om haarself te wees,
die volbrenging aan haar geloftes
vir haar geliefdes.

O die lesse en leringe
in die verloop van die lewe
hoe jy jou hart verkoop
wat geen geld kan koop.

19 Maart 2014.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/geets-op-die-silwerdoekshart-woes-skryf-woes-2015
Arnold

ONTRAFELING MET ´N GELUKKIGE EINDE:
Ek en my pen het die stryd aangesê om te skryf.
Deur diepe pyn van verhale
wat ek deur die jare
met moeite en teleurstellings
nie altyd kon verstaan
probeer vaspen met frustrasie.

Na al die tyd van swoeg en sweet
het die boek vorm aangeneem,
maar die mens met sy grille
kon dit nie verstaan,
al hierdie letters en woorde
met hulle sinjifikasies —

Maar ek het ʼn intensie
met al hierdie verskonings
“van ek kan dit nie verstaan nie.”
Vir al hierdie woorde se ontrafelings:
hier ʼn verskuiwing, en daar ʼn byvoeging
ʼn ryming of twee daarby,
siedaar ʼn “Digbundel” my eersteling.

Al my dank aan die Almagtige wat my bygestaan het.
Alle werke is onder hewig aan ©.




Totale stukke publiseer: 343
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 1,586