Op Woes.co.za onder Gedigte

gewete

hei djy,
dja djy mettie vergeelde tanne en
sagte willie-werkie handjies,
issit lekke vi djou om djou liewe soe weg,
innie grammadoelas in te drug?

djou ma hulle soe op hol te djag?
onskuldige mense soe te victimize?
djou brein virre apie te vat?

djy,
djy!
djy willie hoor’ie
kannie sien dat djou brein soes ‘n sinkende skip is
met drie breinselletjies wat all alone try vasklou.

djy,
djy!
hou op ommie liewe virre gat te vat en ‘n
boe-jong tjoeffer te wil is

because why, ek smaakíe mee om djou mind te issie...

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/gewete-1
E.K.K.E Niemand

Hello julle Woestenaars... Net so 'n bietjie oor my: Skryf is in my bloed sou ek seg en boonop is dit een van die min dinge in die lewe waaruit 'n mens bevrediging uit kan put... En wat is dan nou lekkerder as om jou hart neer te pen?



Totale stukke publiseer: 64
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 74