Op Woes.co.za onder Gedigte

God gee Luanda ‘n was

God gee Luanda ‘n was

Na ‘n uit-ge-rek-te droogte.
Die stof en smoorhitte -
ingegroei in groef en grein en
halstarrig weier om te verdwyn.

DAAR – met eerste sein
flikker die flitsende donder.
Verjaagde vliee en hond,
verdryf na skuiling.
Krom gebuigde oumens lyf,
Wat langsaam sy weer- pyne vryf.

Stilte – afwagting – iets aan die kom.
Sintuie vertel van oorhoofse wonder.
Wolke-kook en braak en stort
- oorvloed van water versamel.

Reuke ontploffend, stof ontmoet met water.
Lank afwesig vriende groet
Vermenging met mekaar tot modder.

Die wag, op die afbeen stoel.
Skuil onder sy ou speek-sambreel.
Dit keer water van sy voorkop,
maar los drup-spikkels op sy skouers.

Blikke, plastieksak en papiere.
Gemors die riool van mens bestaan
Vloei padlangs – in afval riviere.
Tot waar dit nie verder kan gaan.

Kinders, kaalvoet en kripeerend.
Herleef, jubel uitbundig in die gietende reen.
Speelskuite dobberd, drywend,
ontvoer hul na die idiliese heen.

Opgetofte senhora, se neus is gewip.
knyp Designer-skoene vas in haar hand.
Gister se Vogue, ‘n kappie vir haar kapsel
Grootbekkig skel sy die onverdiende gawe.

Afgestof en verfris staan Luanda
Rain-drops die geur van sy cologne.
Opgetof en skoon gewas.
Courtesy van ons omgee Vader.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/god-gee-luanda-n-was
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251