Op Woes.co.za onder Gedigte

God’s toekoms plan - Jeremiah 29:11 (Agapè)

Ons almal is skrywers in eie reg
Elke dag skryf ons ‘n stukkie aan môre se weg
Elke aksie, maak nie saak hoe onbedag
Bepaal ‘n stukkie môre wat op ons wag.

‘n Besorgde uitreik aan ‘n vreemdeling
Kan die lewe red van ‘n verdrukkeling
Kyk na iemand deur die oë van liefde vandag
En bou so ‘n beter toekoms vir jou nageslag

Elk’ persoon in jou lewe vandag
Is daar gesit deur God se mag
Al ken jy nie die middele tot Sy plan
Tree vorentoe en wees ‘n pion in Sy hand

God’s plan sal jou nie skaad nie
Moet Hom dus nie wantrou nie
Hy beplan jou nuwe toekoms
So staak nou al jou ‘hoekoms’

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/gods-toekoms-plan-jeremiah-2911-agape-projek-liefde-2015-12-09-tot-2016-01-05
TK

Het waardering vir die diep dinge in die lewe en 'n volbloed "hart-mens". Kan soms lank oor dinge filosifiseer, romantiseer en fantiseer en druk dit wat my pla maklik in woorde uit.

Sommige van my skrywes dateer uit my tiener dae (ek het in Std 6 die pen nader getrek), maar het na skool die pen bietjie laat rus. Die nuter werke is skeppings vanaf ongeveer 2010.

Ek behou kopiereg op alle gepubliseerde werk. Moet asb nie enige werk van my op Facebook, Twitter of enige ander sosiale netwerk bemark nie, want dit kan my van kopiereg ontneem.



Totale stukke publiseer: 66
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 85