Op Woes.co.za onder Gedigte

golwe van verandering

wanneer die aarde om my bewerasie kry
staan ek in respekvolle stilte oor Sy mag

selfs golwe vertel daarvan in onewe patrone
dit kerf die sand en laat hul skewe verfstrepe

eers saggies soos veraf dromme donderweer
elke dag harder, duideliker tot oorverdowend

verhalend word verse van ewige profesie vertel
elke dag nuwe strofe van almagtigheid en krag

naderhand tril en bruis water van die oseaan
wit skuimbolle waai snerpend oor golwe uit

terug trek die see dan in verwagtende respek
want van ver agter kom ’n monster-golf aan

alles word meegesleur, verwoes en uitgespoeg
wanneer monster terugtrek na sy diepsee plek

agter bly net geraamtes en druipnat gedagtes

©Teárlach

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/golwe-van-verandering-finale-projek-op-woes-afskeid-2016-01-06-tot-2016-02-07
carolus

Eg Suid Afrikaans, boer in murg en been, hardloop ek die volgende dekade tegemoet, met dankbaarheid in my hart teenoor my Skepper vir `n vol en vrugbare lewe, en al die nuwe geleenthede wat Hy my skenk.



Totale stukke publiseer: 151
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 247