Op Woes.co.za onder Gedigte

Hamer en Sikkel


Korrup die jeug, die rooi vlag slag
en beantwoord die redes na jou gedrag.

Vernietig morele en vergeet van God,
beset jouself met doellose gemors.

Preek die donker in `n mantel van lig,
saai donderstorms en roesemoes.

Onverstandigheid is onbeskaamd,
Oppervlakkigheid is ongevraagd...

Haat die waarheid en vloek die samelewing,
Gooi bottels, drink, fok en leef vir niks.

Verskrik die mense, ondersteun twak
programmeer vrees, besoedel jou gees.

Eerbaarheid, zelfbeheersing, nugterheid,
intelligensie gemeet teen vermoë om te sien;

Alles wat n mens verdien,
styf getrek met `n yster riem.

Slaap heeldag in jou wonderwêreld
terwyl mens en natuur verstik,

hamer en sikkel
die onskuldige sukkel.

me, myself and I
die slagspreuk van die lewe

"Ag moenie worry nie, dit raak jou nie
geniet die lewe."



© allofmind


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/hamer-en-sikkel
shadowghost


http://www.writing.com/main/portfolio/view/allofmind

https://soundcloud.com/allofmind

© kopiereg op al my bydraes (sommige fotos uitgesluit)



Totale stukke publiseer: 24
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 59