Op Woes.co.za onder Gedigte

"Hulle" (Straatkinders)

Jare se hartseer, verlange opgesluit in hul oë:
Hierdie kinders wat nie meer in onskuld kan glo
Almal vermy hul vraende blik...
Want dis makliker as om in skuldgevoelens te verstik!

'n Vals, "ag shame" en 'n blik wat verag
Geen vriendelike woord of sweem van 'n glimlag
Vuil, verniel en uitgeteer
Hoe het dit dan nou eintlik gebeur?

Dobbestene het verkeerd vir hul geval...
Vir party mense lyk hul bloot net mal
Geen heenkome, behoort of huis
Bloot deur die omstandighede van die lewe vergruis!

Letsels op hul brose gemoed gelaat:
Hartseer, teleurgesteld en kwaad
Dwelms hou die koue, die waarheid weggesteek,
en dit keer dat hul harte telkens breek

Geen hoop of so wil dit lyk,
Maar selfs 'n straatkind word gebruik
Om God se plan uit te leef,
en net miskien is al hierdie hartseer nie tevergeef...
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/hulle-straatkinders-straatkind
Marthie-Lize Thomas

Lees asseblief my bydraes en lewer gerus kommentaar-positief of negatief-op die ou einde is dit hoe ons leer. Skrywers moet voortdurend daarna streef om hul talent te slyp en hulle skryfstukke te verbeter. NS-Ek behou kopiereg op al my skryfstukke



Totale stukke publiseer: 40
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 44