Op Woes.co.za onder Gedigte

Josef

Josef

Hy was sy pa se gunsteling,
vir sy broers ‘n vreemdeling.

Hy het vir hulle ‘n droom vertel,
sy broers, wou hom daarvoor, uitskel.

Sy pa het hom ‘n rok gemaak,
sy broers het kwaad geraak,
wou hom eers doodmaak.

Hom, in ‘n put gegooi,
hom later uitgenooi.

Hom, as ‘n slaaf verkoop,
sy jas, in bok bloed, gedoop.

Die jas aan sy pa gewys, en gesê,
sy lewe, was deur ‘n dier geëis.

Sy pa, het van die pyn gekreun,
het baie dae, oor sy liefling seun, gewëen!
Josef was na Egipte geneem.

Hy was aan sy heer, Pòtifar, verkoop,
toe sy heer se vrou, aan hom wou klou,
het hy na buite geloop.

Sy het aan sy kleed gegryp,
dit later aan haar man uitgepryk.
Sy het ‘n storie opgemaak,
vertel, Josef, wou aan haar raak.

Pòtifar, was kwaad, sy vrou in haar skik,
Josef was in die tronk gesit,
God het dit egter alles so beskik!

Josef, het later Farao se drome vertolk,
Hy was aangestel oor ‘n magtige volk.

Volke het na Egipte geloop,
om daar, by Josef, koring te koop,
sy broers het hom destyds verkoop,
maar was nou, self in die nood!

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/josef-1-1
Buksie

Ek is Darrel J. Valentine van Somerset Wes. Ek is getroud, met Rocelle en het drie pragtige dogters Darren-Leigh, Measha en Lenique. Van my gedigte, kort stories en happies Afrikaans, gaan oor gebeure wat plaasgevind het, in my en ander se lewens en hoe die Here, Jesus my lewe verander het. Ek dank ons hemelse Vader, vir die krag en genade wat Hy aan ons, as familie gee. Ek kan nie anders as om Hom te loof en prys nie. Die lewe het my geleer, om niemand te veroordeel nie, ons is nie perfek geskape nie, en almal het 'n tekort, aan die een of ander ding, maar as ons mekaar kan aanvul, ten goede, hoekom nie? Ek is lief, vir ons land, taal, kultuur en sal dit vir niks in die wêreld verruil nie. Afrikaans as taal, is tops en daar's geen ander taal wat so lekker,plat en spontaan oor jou tong kan rol as dit nie! So almal wat nog Afrikaans praat, drie hoera's dis my moeder tong. . ! © Ek behou kopiereg op alle werk van watter aard ookal wat deur myself geskryf is en wat ek op Woes publiseer.



Totale stukke publiseer: 207
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 159