Op Woes.co.za onder Gedigte

JY

Jou binnekant is mooi
soos ʼn suiwer sonate.
Ek bottel en bêre jou
op die spensrak van my hart
want by jou is ek tuis
tussen spierwit linne,
dieprooi aksente
en fluweel -
in al die kamers van jou huis
waar musiek
soetklinkend speel.

© C. Potgieter 2013-05-17


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/jy-1369652616
Charmain*

Dankie dat julle kom inloer! Alle kommentaar en/of kritiek is welkom.  Ek het geen opleiding nie, ek is maar net 'n woordsiel met 'n liefde vir skryf.  Ek wil ook noem dat ek nié noodwendig oor myself of oor my eie lewe skryf nie...ander se seer raak 'n mens partykeer so diep, dat dit uitloop in skryfsels. Ek is getroud met 'n wonderlike man en ons het 3 pragtige kindertjies.  Behalwe vir my belangstelling in die digkuns, doen ek navorsing oor die Anglo-boereoorlog.  Daardie tydperk gryp my aan en ek wil graag 'n boek daaroor skryf.  Ek is tans ook besig om te werk aan 'n graad (BA Geskiedenis en Afrikaans).   Dankie vir Woes wat al so baie vir my beteken het!

Die van julle wat belangstel kan ook my gedigte op Facebook volg. Hier is die skakel:

 https://www.facebook.com/AfrikaanseGedigte

My debuutbundel is nou beskikbaar. Stuur asb 'n e-pos na:

charmainp@gmail.com

Baie dankie.


© Kopiereg C. Potgieter | Alle regte voorbehou.  Geen gedeelte van my geskrewe werk mag gereproduseer word op enige manier hetsy meganies of elektronies, insluitende fotokopieëring, mikroverfilming of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring, sonder my skrikftelike toestemming nie. Baie dankie.



Totale stukke publiseer: 142
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 1,022