Op Woes.co.za onder Gedigte

Kersfees

Tonge raak los en heiligheid skyn
'n Heiland gebore, 'n Christus fees
Eweskielik is almal vir jou lief
In jou omgewing
Is dit werklik waar jy wil wees?
Jou geskenke hoop op en besitting word meer
Soek en vat, selfsug verteer
In jou huis, die paleis van geld
Is dit wat Hy wou hê?
As die stof jou kom haal
Die doodsengel jou soen
Al jou besittings en geld, voor jou oë smelt
Verlig in die waarheid, skuldig en kaal
Sonder verdienste, wat kan jy doen?
Redder gebore vir jou en my
Die grootste geskenk, duurste betaal
Het ons gekry
Rykdom verwoes en sluk jou gees
Die mensdom verdoof
Jou stem geskeur, jy is heus
In 'n wêreld van false mag
Die Here gestuur
Jou en my
Sondes
Verduur.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/kersfees-1451041951-kersfees
Matthew.the.King



Totale stukke publiseer: 4
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 0