Op Woes.co.za onder Gedigte

KERSFEES OP SWAKOPMUND.

hart wals met ‘n draai
verby Walvisbaai
kuslangs, duinlangs, padlangs
duinsand padlangs swaai

Vissermanne staan bankvas seerand
nuwe jaar vangsie vir Oujaars braai aand
Namib duine trotseer jaagduiwels
quad bikes en vele ander euwels
stoei jaagend voordat Oujaar buit
frustrasies teen duine se berge uit

Grasieuse toeris kameel ritte uit duine land
slang tydloos statig deur woestyn sand
al skommelende kameel karavaan
vanuit land van maan en duin rand

Winkelvensters vol Afrika toeris aanbiedings
mense drentel in en uit met bedienings
beste plaaslike Duitse talent
Namib geslypte edelstene
juweliersware spoggende goudsmede
Swakop vuurtoring baken van bestaan

Martin Luther wat tydsaam vergaan
vader tyd plek... plek Swakop stil gaan staan
wals in by Swakopmund Brauhaus
eisbein, spätzle, sauerkraut

genoeg fass beer und ich spreche Deutsch
maag is vol broek se belt maak outch

By mole gaan visbote in en uit
laaste vissie Oujaar aankeer met skuit
gaan sit by Cafe Anton fur kuchen
kafe und schwartswalder aus dem küche

schweineohren och is ek geseënd
jawohl ich wa im Swakopmund jaareind

hart daar gans verloor
tot volgende keer daar gestoor
in Namib sand begrawe
tot hartstem weer hoor

# kuchen = swartwoud koek
# aus dem küche = uit die kombuis

# schweineohren = Duitse koekies wat soos varkore gedraai word.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/kersfees-op-swakopmund-kersfees
schatz

Ek is 'n 1948 model, getroud (jonk van gees) wat hoofsaaklik vir plesier, my vrou , kinders en vriende skryf.  Ek was in Paarl  ( HJS - Galpil) op skool en daarna vir 2 jaar Hermanus Hoërskool. Ek het op 50 jarige ouderdom, om gesondheidsredes, besluit om 'n beroep in die munisipale wese te verruil vir 'n landbou gedrewe beroep en bedryf 'n vrugte droog maatskappy in die Klein Karoo.  Op 60 jarige ouderdom is ek na vele  verkeerde diagnoses positief gediagnoseer as een van omtrent 156 mense in die land met MG (myasthenia Gravis)  Dit het my beweging aansienlik ingekort en ek het begin skryf en skilder as tydverdryf.  Ek kon nie meer voortgaan met die vrugte droog nie en ons bestuur tans 'n fabriek wat vrugtelekkers vervaardig. Ek skryf hoofsaaklik oor persoonlike lewenservarings en ondervindings.  Baie van die skryfwerkies het 'n Christelike boodskap en verskeie mense het reeds versoek om dit te lees.  Ek skryf hoofsaaklik  in gewone "plat"  praat Afrikaans maar het ook 'n paar Engelse stukkies geskryf.  My styl is ondervang in "Digresep".
Ek verwelkom eerlike kommentaar en  kopiereg  voorbehou.
Wat is schatz  ?  Kom ek stel dit so "It takes two to tango" en schatz beteken liefling of skattebol in Duits.  Ek is schatz vir my vrou en my vrou is schats vir my ! Sy is duitsmagtig.  Ek skryf en lewer kommentaar. Sy doen die "e-posse" en checking.  Ek is afrikaans en sy is engels, maar ons huistaal is Afrikaans.  Dus is dit boertjie en rooinek wat hier saamwerk.  Goeie genugtig nê ! Kan jy dit glo ?  Ons kom nogal goed oor die weg.  Waarom skryf ek ? En waarom soek ek kommentaar ?  Kom ek verduidelik dit so : 
Skryf is soos my koffie en tee.
Die suiker en melk is wat julle gee.
Koffie en tee sonder suiker is bitter.
Melk maak die tee skoner en witter.
Die lewe is klaar swart en bitter.
Kommentaar maak harte skoner en witter.
Suiker neem weg lewens bitter.
Lekker man, dis lekker, ek dink.
Om soet, wit koffie en tee te drink.
So hou aan met skink
Dit hou die lewe lekker blink.
Aitsa ! - Hoe klink dit ?
 



Totale stukke publiseer: 213
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 638