Op Woes.co.za onder Gedigte

Kriewel’praatjies



Dis relatief, my lief,
sê sy

Ou’rymer, dis nou jý,
repliseer en
he-he hy


Frons sy, Sie’jy uit my drinkwater
nes ‘n dooi’n dikkop, stinkbekbokkapater,
want ek sou dalk eerder wou boekfeitelik’
staaf met die nodige isbn no’s e.s.m.
en wys’vingerlê op my hat ’oopgeslaan –
vir jou fisies’wys presies waaroor twis
en twakpraat gaan

Die wurm kriewel, niè,
hie-hie hy

Issie, sê sy, dit dans boggelrug’n terug
tot ‘n fyn’oog vogel êrens in vlug, met poot’n bek,
gog se vastrapplek uit-
mekaar kom trek

Mmm, mymer hy,
stry nie daarmee nie, maar
die vraag bly: …
kán jy sing?

sy veins
‘n ver’kyk; seg
gelate
,

Swygreg, my ding …


©Rina Greeff

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/kriewelpraatjies
Rina Greeff

Ek skryf oor dit wat in my hart kom lê, wat soms óp my hart kom druk (en sommer my keel ook toedruk!) én oor allerhande lawwighede waarvan ek ietsie gehoor, gesien of dalk self geproe het!  Lewer asseblief kommentaar as enigiets daarvan jóú raak of roer, en ook as iets jou pla.  
 

LW   KOPIEREG VOORBEHOU op alle skryfwerk deur my geplaas!


  
 



Totale stukke publiseer: 491
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 2,111