Op Woes.co.za onder Gedigte

Kry vir jou 'n glimlag


Vat ’n oomblik
vroeg vandag
besluit dat jy,
heeldag sal lag.

Dit sal mense
ook laat wonder
Wat hulle
dalk tog mis
Of daagliks
klaarkom sonder
Sal hul laat dink,
ja dis gewis.

Sommer so
terselfde tyd
Verdryf mens
daardie haat en nyd.
Dis sowaar
’n ware feit.
kan mense
uitmekaar uit dwing
En nie die heerlik
sonskyn gun.

Dit gee jou gesig,
ook iets te doen.
’n Glimlag
is die kyk
- se soen.
Dit bring aan almal
groot plesier.
Verdrywe skeet en elke gier.
’n Ding van waarde
gedoen op die manier.
Aansteeklik op dees aarde !


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/kry-vir-jou-n-glimlag
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251