Op Woes.co.za onder Gedigte

Lag is goeie medisyne

Lekker sit ek nou en lag
‘n lekker opkikkertjie vir die dag
Lag tot die trane loop
En jou binnegoed voel of dit knoop
Ingewande skoon seer
Tot dit voel jy kan nie meer
Lag is goeie medisyne
En help vir enige pyne
Behalwe wanneer jy steke het
Is dit beslis nie pret

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/lag-is-goeie-medisyne
Lienkie

Ek sit nou al ‘n rukkie en staar vir die screen en wonder wat om te sê *lol* Ek het myself nog nooit gesien as ‘n digter nie maar as ‘n mense mens wat ander se siele in hulle rympies sien en myself daarmee vereenselwig…. Oor myself…..mmmmmmmm……hier moet ek ‘n bietjie dink… onthou ek is blond….so dit vat moeite en tyd *lol* moeite in die opsig want ek sit alwee en dink in rympies en DIT vat tyd Ek glo die lewe bestaan uit besluite. Besluit oor wat jy wil hê en wees in die lewe en wat jy met ‘n situasie gan doen en en en…..slotsom.. besluite. Self is ek seker een van die besluitlose mense wat ek ken maar die eeeeen iets waaroor ek NIE twyfel nie is om die defnitiewe besluit te vat om elke oggend voor ek opstaan te besluit vandag is ‘n nuwe dag, vandag is ek gelukkig en tevrede…al moet ek op my nou reeds stomp tande byt…. gister is waar hy hoort…in die verlede en wie weet wat die toekoms inhou. More is nog ‘n dag!! Los my uit!! *lag* Ek dink soms dit is juis hoekom ek so vergeetagtig raak want so geprogrameer om te vergeet en anbeweeg ek pas dit op te veel dinge toe in die daaglike bestaan ook. File13 op ‘n nuwe level! Sien die positiewe in almal en elke situasie en glo jy maak die beste van wat jy het. Met aanvaarding kom vrede. Beteken nou natuurlik nie dat mens nie soms rebels raak nie! Ek is ‘n mense mens en plaatjie en kom oor die weg met enige persoon. Ek is in my element wanneer ek omring is deur vriende en familie en meestal die nar van die partyjie. ..tensy ek natuurlik anders besluit *lol*… Een van my favourate quotes: "The evil you do, remains with you: The good you do, comes back to you!"



Totale stukke publiseer: 28
Totaal kere gelees: 16,988
Totaal kommentaar: 93