Op Woes.co.za onder Gedigte

Letsels soos Bloeisels

kners op tande
soos pyn weer
deurskiet
my hande
is deurkruis, seer
met letsels van muskiet

tog dink ek nie
dat insekte
blou kolle
veroorsaak nie
ek het iets anders in gedagte
maar dalk is my positiewe nie ten volle…

met droë mond
staar ek wrang
na spierwit bloeisels
hoog bo die grond
waar sissende slang
seil vol bloedrooi letsels

ek grom bitter
oor die knou
wat my verstand weg het
dit laat my sidder
soos feë kou
aan oorblyfsels in die vuurherd

dalk is dit nie my verstand
maar my hart
wat sluimerend
mee gee
onder aanslae van feë
en letsels los verdoemend…

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/letsels-soos-bloeisels-letsels
Ronel Janse van Vuuren

Ek skryf graag oor die Feë – veral oor die avonture van Saphira die Feetjie Hond. Meesal in die vorm van kortverhale en kort kortverhale (vonkfiksie), alhoewel die digter binne my ook maar kop uitsteek so nou en dan. Partymaal raak ek ernstig en skryf ‘n rubriek oor iets wat ons almal raak. Ander kere deel ek ‘n bietjie nuus oor myself met my Woes-familie in ‘n gorrelstukkie.

Ek verwelkom altyd kommentaar op my skryfwerk. Ek deel ook vrylik advies uit oor skryf – ek probeer help waar ek kan met goedbedoelde advies wat ek ook al telkemale by ander gekry het.

Lekker lees.


Ek kan gevolg word op twitter:
@miladyronel

En ek het ook 'n blog:
http://ronelthemythmaker.wordpress.com

'n Woord op kopiereg:
Die oomblik wat jy iets neerskryf is dit dadelik onderhewig aan kopiereg. In enige medium. Dus is al my werke onderhewig aan kopiereg omdat ek dit geskryf het.
Dus geen duplisering van enige van my werk sonder my skriftelike toestemming nie, asseblief.



Totale stukke publiseer: 67
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 179