Op Woes.co.za onder Gedigte

LIEFDE



Liefde is
om te voel en te sien
om te offer en te dien.
Dis ’n harmonie van harte
in vreugde en in smarte.

Liefde is
om te weet en te ervaar
om ’n nuwe môre te gewaar.
Dis ’n reënboog droom
met ’n getinte soom.

Liefde is
om te onthou en te verlang
om te smag met ’n drang.
Dis ’n herinneringe-lint
wat wapper in die wind.

Liefde is
om te huil en te lag
om swak te wees met krag.
Dis vreugde en dis hartseer
wat telkens weer gebeur.

Liefde is
om te gee en te neem
om te vind en te vervreem.
Dis sang en musiek
’n wêreld van kleur en liriek.

Liefde is
om te lewe en te sterwe
om te vestig en te swerwe.
Dis ’n gawe van God
’n blom in bloei en in bot.

.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/liefde-1309439788
Piet Schoombie

 Ek het die meeste van my skrywes verwyder, omdat dit ten volle in my vyf boeke in die Woes-winkel opgeneem is. Ek woon in die Wes Kaap by die see en skryf omdat dit vir my 'n genot en heerlike terapie is. Ek poog om in alles wat ek skryf getuienis tot eer van my Hemelse Vader uit te dra. My vyf publikasies is die volgende: Engele en Rowers; Weldade en Misdade; Afgode; Mammon; en Vreemdeling in my Vaderland. Die voorblaaie daarvan is in my fotogalery.                



Totale stukke publiseer: 19
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 43