Op Woes.co.za onder Gedigte

Liefdeswinde



kan ek vir jou wees ‘n lentewind
sagsoen fluister in nuwe beloftes met vlinderspoor
warm in jou nek asem in belofte
streelsag oor jou vroetel met vingerpunttreë bekoor

kan ek vir jou wees die somerwind
swanger vol begeerte skulp teen jou
seemelodieë neurie teen jou bors
jou borshare tergend om my vingers vou?

kan ek jou herfswind word
dragtig my liefde met jou deel
in stilword saamwees sonder hunkering
doekvoet stap in blaarbeloftes goudgeel

as ek nie kan - dan word ek jou winterwind
huilend kil grysdood nocturne wat weën
ylkoud trane vriesend op wangbeen
vervreem van jou liefde sonder seën in tranereën

©Ita
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/liefdeswinde-projek-liefde
Ita

Fyn nuanses van my siel word neergepen en my sintuie juig!Met woorde skep ek hier en ander tye met kwas en olieverf ... kunswerke leef deur my vingers en gedagtes.Die Muse moet net nie wyk!Dankie dat jy deel word van my ruimte.

 Dankbaar dat eerste bundel gepubliseer is in 2013 " C'est ma vie!" Ek werk nou aan 3 ander publikasies. Een Engelse bundel, die opvolgbundel C'est la vie en mymerend oor bundel met sag eroties sensuele werke.

Woorde vloei deur my gedagtes
trou met beelde gevisualiseerd
geboorte in vers
groei deur verf
bereik wasdom
word my kuns


Daar is kopiereg op al my kuns en verse



Totale stukke publiseer: 453
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 2,775