Op Woes.co.za onder Gedigte

Little Boxes

Three little boxes
sonder 'n groot swart boks
inmekaar ingeboks, in nog 'n boks
sonder 'n groot swart boks.

Wie is hierdie randfiguurtjies
so nerjies in boksies ingepas,
wat so vol pas in die sfere
van die heelste heelal?
Wie is hulle wat so groot skrik
vir die skaam osoon
en die helse swart gat?

Is dit ons wat so bid
in ons grys kerkies:
Here, ek like my neighbour
maar in my boks soos dit hoort,
en magtig eendragtig
kan ons dit so hou
in onse bokse
in U diens, almagtige Vader.

En as die Voyager II
ons al kleiner uitstippel in U onmeetbaarheid,
raak my boksie al benouender,
en my vierkant pas nie meer so vol
in U sirkel nie.

En my boks word 'n dice,
En ek besef die dice het hier verkeerd geval,
want Gam en Kain se wortels le in Eden.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/little-boxes
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17