Op Woes.co.za onder Gedigte

Luanda hoor ‘n vrou wat huil

Dagbreek al versamel
die mense-tou by die hek.
Langsaam,traag die wag.
Op haar geboe rug,
Vroetel en huilerig,
 - haar siek kind.
Tuit-gebuigde Coke-blikkie dien as waterglas -
Samaritaan help die kind se dors-nood les.

Kosbare liggaamsvog gestort
Met elke nuwe sweet-koorsbui.
stadig aan kwynende,
net swakker te word –
naderhand lusteloos groot-oog
stil, in ma se arms ly.
„ Febre, FEBRE“
– smeekend die oproep as iemand naby talm
En steeds gaan almal hulle verby .

Iewers in die lang, na-nag ure,
wagtend steeds vir 'n beurt,  
Word ‚n warm lyfie koud –
En eensaam begin -
‚n moeder huil.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/luanda-hoor-n-vrou-wat-huil
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251