Op Woes.co.za onder Gedigte

lydenburg

Daar buite in die veld
Is die gras so geel,
Is die lug so blou,
Is die son so skerp.
Sonbesies sing met n gesuis - Voël-liedere weerklank in die bome…

Daar onder by die stroom
Is die wêreld so mooi,
Is die water so helder,
Deur die klippe al kabbelend.
Die ou plek is die beste – Die paradys herwin…

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/lydenburg
Jacques Brown

Ek is van Centurion. In my jong dae was ek in die bou-bedryf as n messelaar werksaam. Daarna het ek vir vyf jaar as n kroegman by n rolbal klub gewerk. Later jare het ek begin dig en skryf; dit is nou al meer as tien jaar. Deesdae kyk ek na nuwe rigtings en wat die lewe my ookal mag bied. Hierdie is n bietjie van my Afrikaanse skrywe en n paar vertalings van my Engelse werke.

(My webtuiste: http://www.abctales.com/user/baker-street)

"Bly by jou beginsels en heg waarde aan alle mense..." Anoniem



Totale stukke publiseer: 60
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 121