Op Woes.co.za onder Gedigte

Made in South Afrika

As die rasegtes van elders
so heerlik kruisteel,
en die suiwer druppels dam,
en helder strome troebel
beginne binnelands kabbel,
dan dui die reenboog
soos deur God behaag,
vir ons die stad van goud.

wie se oge loer so skaam
oor die platberg heen?
Wie trap so saggies
tussen kulture rond?

Skud jou krale, Mazania,
laat die kranse antwoord gee.
Verkondig aan die wereld
waar hierdie spruite se oorsprong le.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/made-in-south-afrika
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17