Op Woes.co.za onder Gedigte

Mayibuye iAfrikaans, Mayibuye

Kiertsregop falluse,
beskuldigende fallankse,
grys stalagmiete,
'n monument.

Gestolde rots,
Verstarde graniet,
koue klip:
Ons taal.

Broeders, stort u saad.
Bal u vingers in 'n vuis, comrades,
laat die lawa warm vloei,
ko lat os praat, my bra,
Mayibuye iAfrikaans, Mayibuye.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/mayibuye-iafrikaans-mayibuye
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17