Op Woes.co.za onder Gedigte

melankolie

ek skenk geboorte
aan ‘n more se blou
wat diskant desember
my laat wonder oor jou

ek hang aan die lippe
van gister se bleek
wange gebol
en met trane deurweek

so ek drink whiskey en water
op die golf van onthou
gedenk al die saamwees
deurdrenk met berou
want ek deel nie jou droom nie
net die kant van jou bed
en gee my oor aan die melankolie

jy staan daar buite
verveeld en alleen
en belowe om nooit weer
jou lewe te deel

yster slyp yster
maar jy’s rou metaal
wat deur gewoontes van pyn
die blink uit my more kom haal

dan drink ons whiskey en water
op die golf van onthou
gedenk elke saamwees
deurdrenk vol berou
want ons deel nie ons drome
net die kant van 'n bed
en gee ons oor aan die melankolie

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/melankolie
natasha dutton

Woorde was altyd my maat totat ek dit vir 'n paar jaar verwaarloos het. Vandag tel ek weer my pen op met nuwe stories wat deur potlood op papier draf en saam met my woorde, 'n pragtige blou-oog dogter en haar groen-oog pappa. My lewe het vol-sirkel gekom, nou lê my hoop dat my potlood kan byhou. Geniet my warrel denke



Totale stukke publiseer: 648
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 2,503