Op Woes.co.za onder Gedigte

MET STOF VERBIND


Calvinia kind, knoop los die knop in jou keel
in die skadu van die Hantam om die gister-spore te deel

Ons draai die klok terug vir veertig jaar
kom ons tokkel op ons kindwees-snaar

Stofvoetjies deur Calvinia se strate
ou mal Koen met sy plakate
sê jou watter fliek daar speel
met wie gaan jy die agterste ry deel?

Jy ruik die lekkers in Greg se kafee
hy kan jou heuningkoek en borssuiker gee

Stap saam verlore velief deur Lovers lane
jou eerste soen...
knipoog, bewaar die maan jou geheim

Tussen Rebunie en Hantamhof
ons voetspore lê ook hier in die stof

As Gon sê: op jou agterpote ou perd
om te leer vir 'n toets was die moeite werd

Piet Vaatjie, Wakker Willem, Boel en Wolf,
kan jy hulle onthou?
hul het gehelp om ons karakter te bou

Wat het geword van ons kinders se lag?
ons moes dit verruil vir 'n besige dag!

Op ons leer bereik ons die sport se boonste
"om te strewe na die hoogste"
dit was ons leuse; ons edel keuse

Ons Alma Mater roep sy kinders terug
kom stap weer oor my heimwee brug

Ons bly steeds kinders
droom oor die môres en die gisters!

Calvinia kind....
met Hantam stof aan mekaar verbind!

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/met-stof-verbind
Sinne uit my siel

Ek’s net ‘n gewone mens!
Getroud vir 36 jaar met my pragtige vroutjie Christelle (uit die Calvinia distrik) en het ‘n seun van
34jr en dogter van 30jr, beide getroud. Nee, ....ek wag nog om oupa te word. Baie geseënd maar totaal en al afhanklik van Sy genade elke dag.
Ek was 26 jaar in die Polisiediens onder andere as Stasiebevelvoerder van Maitland, Pinelands, Woodstock die stigter en eerste bevelvoerder van die Bende Eenhied van 1989 – 1994. Hierna Stasiekommisaris Parow Rekenpligtige.
Ek is gedurende 2001 af weens depressie en het vir twee jaar “uit my eie lewe verdwyn”
Die genade oor my was groot en ek het weer begin lewe. Betrokke geraak in die konstruksie wêreld en het vir twee en ‘n half jaar ‘n projek Soteria (gracefull living) vir ‘n ontwikkelaar bestuur.
Ek en my vennoot het hierna op ons eie as kontrakteurs gegaan.
Ek is ontsettend lief vir die see, hengel, kamp, die plaas en natuur lewe. My groot liefde is en bly maar die see.
Ek was nog altyd lief om iets beskrywend te skryf, maar my eerste gedig het die lig gesien toe ek my kinderdae-huis gaan opsoek en net die murasie in die gras gekry het.
My vrou het twee van my eerste gedigte ingestuur wat gepubliseer is..... waar en in watter boek weet ek nie. Dis die deel wat ek “weg” was.
Gedurende my tyd as bevelvoerder van die Bende Eenheid het ek brydraes ten opsigte van bende taal en spreekwoorde, in samewerking met ‘n professor van Robertson, vir die FAK gemaak.
Ek het agter gekom dat ek die behoefte kry om te skryf as sterk emosie in my wakker gemaak word, vandaar die gedig:
SINNE UIT MY SIEL
Dis nie met woorde wat ek wil speel;
of te veel tyd om te verveel

Ek is só deur Hom gemaak;
my siel kan vol emosie raak.

Dan baklei die woorde binne my;
“sinne uit my siel” kom uit gegly...

Ek sit al die sinne saam;
en gee die gedig net ‘n naam...
...sinne uit my siel...



Totale stukke publiseer: 28
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 57