Op Woes.co.za onder Gedigte

Metronoom (Musiek tema)

Die hemel dirigeer ‘n simfonie:
oktawe van klank en kleur
komponeer ‘n harmonie
wat eggo – die stilte skeur.

Mineur note stil verweef
kom met die wind aangesweef
oor golwe wat eb en vloed
as maan verdof die songloed

tot als crescendo luid tesaam.

Die metronoom tik tydsaam aan.
Uiteindelik sal ook dít gaan staan.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/metronoom-musiek-tema-musiek
Vuurvrou

Skyn

woordmoord
hang
stank
aan verrotte debris

skyn skripsie te wees
dié van net nóg
‘n skugter slet


Kopiereg voorbehou





Totale stukke publiseer: 17
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 66