Op Woes.co.za onder Gedigte

Mier

Die Kaapse dokter het hulle wyd gewaai,
en op Godverlaat laat wortel skiet.
Harde bruin boere.
Verplaas.
Om te plaas.
Op 'n plaas,
gepas geplaas...
harde Bruin boere.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/mier-1-1
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17