Op Woes.co.za onder Gedigte

Moenie

Moenie jou integriteit
soos ‘n padkaart opfrommel
dat jy nie meer die roete
kan sien.

Moenie jou eerlikheid
verdoesel en verdraai
dat dit jou nie uit eie reg
bedien.

Moenie jou gewete
soos ‘n skroplap uitwring
dat dit nie meer sy doel
kan dien.

Moenie jou lojaliteit
laat lostorring en uitrafel
dat dit nie meer ‘n plek
verdien.

Moenie.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/moenie-1380086101
Karin Muller

Talent is uitgedeel - nie in teelepels afgemeet nie, maar skopgrawe vol. Elkeen van ons koester iets kosbaar en uniek in ons diepste binneste. Soms is dit so diep weggebêre dat ons iemand anders nodig het om diep in te delf en dit help te voorskyn bring. Die twee wêrelde waarin ek my bevind balanseer ek tussen woorde en syfers. Dit is nie net 'n enorme uitdaging nie, maar ook 'n reuse voorreg.



Totale stukke publiseer: 108
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 305