Op Woes.co.za onder Gedigte

Moses


Moses

Dit was 'n Moses
Tussen die riete in 'n vlei
deur die Haarlem ontboesem,
deur God verlaat

Dit was 'n Moses,
wat op die Bloubergstrand
'n huis moes bou,
'n huis van sand op sand gebou.

Dit was 'n Moses,
onder 'n wolk na die Kaap geseil.
Die Drommedaris, die Reijger,
die Goeie Hoop, die Olifant en die Walvis.

Dit was 'n Moses,
wat 'n volk moes plant.
'n Volk nie almal ewe na Sy beeld -
'n Volk na 'n beeld moes beeld sonder beeld.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/moses-1-1-1
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17