Op Woes.co.za onder Gedigte

Musiek

die skaars hoorbare inleiding
berei angstig die atmosfeer
vir die solo se terugkeer

sussende windblasers
stoot sagkens aan die gordyn
ritmies en akkuraat
tik die metronoom die sein
van 'n hartklop op die skerm
veerlig stryk die strykers
oor senuweesnare in pyn
die eens vladderende vingers
wat nou daagliks kwyn,
nog net die hart-long-masjien perkussie
wat keer dat hy heeltemal verdwyn...

hoe vals die eens kragtige melodie
geen toonaard meer, of harmonie

die sterwende begeleiding
berei nou eerbiedig die atmosfeer
vir wanneer die Dirigent hom gaan aankeer
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/musiek-1343646895-musiek
WMS

Ek wonder, wens, dink en bespiegel en daarom skryf ek. In gedigte spesifiek kan mens sonder verskoning eerlik wees en 'n bietjie van die vryheid in jou kop vaslê en nalaat.


 



Totale stukke publiseer: 25
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 53