Op Woes.co.za onder Gedigte

musiek van die lewe

altyd aan die jaag, jaag, jaag
vyf-en-twintig uur per dag
agt dae per week
van die Ooste tot die Weste
op ons lewensreis hier op aarde

gekwes deur die swaarkry tye in die lewe
geknel deur angs, moedeloosheid en vrees
te besig om soms net ‘n vlietende oomblik stil te staan
en vir ‘n oomblik die skepping te bewonder
na die ritme van die Hemelse musiek te luister

die musiek van die lewe het polsende ritme
in verskeidenheid lê eenheid en krag
saamgevoeg soos ‘n Messiaanse simfonie
van seerkry tot vreugde in perfekte harmonie
gedirigeer deur die alleswetende hoër Hand

liewe mede-lewensreisiger kom en vat my hand
laat ons dans, dans, dans
op die maat van die musiek van die lewe
terwyl ons meegevoer word deur die ritme en melodie
van die musiek van die Komponis

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/musiek-van-die-lewe-musiek
Onsigbare Man

Regspraktisyn, berader, hokkie doelwagter afrigter , studie-tutor en Christelike jeugdienswerker woonagtig in die Bosveld. Het dig by die 200 gedigte waarvan meeste deur mensies met wie ek werk geinspireer is... Bekend as die onsigbare man, omdat Hy my agter die skerms, weg van die kalklig gebruik.



Totale stukke publiseer: 47
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 78