Op Woes.co.za onder Gedigte

My Kaja – Verlang No.2

My Kaja – Verlang No 2

My Siel
Weet by jou sal ek kan rus
- hier aan jou boesem knus
Wag vir middag hitte om te blus,
- en tot aand se stilte my sag sus.

Ek droom
Van jou rustig atmosfeer
- die plaas se baberdam
As ons braai en lag en speel.
Tot ons moeg en tam
Op jou groen gras rus alweer...

Ons weet
Jy is ons hart se klop
Die middelpunt van hierdie trop
Almal hunker net na jou
Ons almal se paaie lei
- hoeka terug na waar ons bly.

Maar
Elkeen van ons die weet
Die plek se water kan nie hou
Ander paaie sal ons op gaan -
Elkeen ander lewens bou
Nuwe rigitings, nuwe sweet –
Voortgaan waarheen – wie sal weet.

In ons harte
In ons siel
Lewens vol
Lag en smarte.
Menige herrindering
Plaas jy was altyd -
Onsse toevlug onsse herberg
Van ’n malle buitewereld.
Onsse eie stukkie paradys

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/my-kaja-verlang-no2
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251