Op Woes.co.za onder Gedigte

My Mamma

'n Gaaitjie in my maag herinder my
Eens op 'n tyd was dit net ek en Jy
Volkome afhanklik van mamma was ek gewees
Tog het ek mamma nodig, nogsteeds

'n Ma en dogter nou soos een
Afstand tussen ons harte is daar geen
Ek wil dankie se dat mamma altyd daar is
Van mamma se omgee en liefde is ek bewus

Van baba tot vrou het mamma na my gekyk
'n wonderlike mamma wat ek nie kan vergelyk
Dankbaar is ek elke dag
Vir mamma se doen en late altyd so sag

Respek sal ek altyd vir mamma hê
Een ding nog oor om vir mamma te sê:
Vir 'n better mamma kon ek nie vra
Engel gestuur deur God om my deur die lewe te dra
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/my-mamma-1454155073
Annestashia Willemse

N gedig is nie net woorde wat rym of sin maak nie, dit is emosies en gedagtes wat een word. Om te skryf is nie net my passie nie, maar dit wie EK is, ek wil my siening oor die lewe,waardes en oor ons Hemelse Vader wat ALS geskape het, met die wereld deel. Ekt nie veel ander talente nie but I DO have my way with words. Ps. Hou aan skryf as dit jou pasie is, dit sal wel erns in iemand se lewe n verskil maak.

Ek behou die kopiereg op al my werke.



Totale stukke publiseer: 22
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 24