Op Woes.co.za onder Gedigte

My mens wees


Wat op aarde is ons doel en rigting?–
Ons ploeter aan en vul ons dae ...
Met nuttelose sake ...
Van rande, rekenings en verkeers boetes,
Geen sin maak al die noodelose doen en late.
En tog spandeer ons dae en nagte –
Om ons self te kwel oor sulke sinlose gejaagtheid ....

Ons ken nie meer die kern van eie mens wees.
Want dit het ons al by geboorte op gegee.
Die innerlike mooi, rein en edel –
Lankal vergete met nuwerwetse leef wyses .
..en diep begrawe ... ? miskien dood
- die saad van my eie mens en gees.

Hoe sal ek die “resurrection” bewerkstellig ? –
Die siel se deure opsluit – die bevryding !
Sal die vryheid my duur te staan kom –
’n “Outcast” word vir my denke.

Te hel met die vrese en vertwyfel -
Hoekom my siel verkoop vir ’n stuiwer
Se en doen wat ek dink en voel –
Sonder berou oor wie en wat,
.... dink ek bedoel.
Dis myne !



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/my-mens-wees
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251