Op Woes.co.za onder Gedigte

My ooreenkoms met Hades

In die vaal grys skakerings van gister
Tussen helder skakerings wat vervaag tot niks
Sien ek die buitelyne van jou silhoeët
Daar waar jy besig is om ons skeidslyn te trek

Jou silhoeët spook selfs in my drome
Daar waar ek probeer om ‘n toekoms te beplan
Selfs daar kom jy vir my sê
Jy’t ‘n ander liefde gekry

Sê my, hoekom wil my hart jou nie laat gaan?

Ek wil ‘n gelukkige toekoms bou
Een waar ek nie desperaat aan jou vasklou

Ek het met Hades onderhandel
Ek gaan vir Cerberus aanstel
Om oor die skeidslyn te waak
So kan ek ophou om ‘n gek van myself te maak

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/my-ooreenkoms-met-hades
TK

Het waardering vir die diep dinge in die lewe en 'n volbloed "hart-mens". Kan soms lank oor dinge filosifiseer, romantiseer en fantiseer en druk dit wat my pla maklik in woorde uit.

Sommige van my skrywes dateer uit my tiener dae (ek het in Std 6 die pen nader getrek), maar het na skool die pen bietjie laat rus. Die nuter werke is skeppings vanaf ongeveer 2010.

Ek behou kopiereg op alle gepubliseerde werk. Moet asb nie enige werk van my op Facebook, Twitter of enige ander sosiale netwerk bemark nie, want dit kan my van kopiereg ontneem.



Totale stukke publiseer: 66
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 85