Op Woes.co.za onder Gedigte

‘n Sondagrefrein vir ‘n koue nag

Is koud!
Die vloer is klam van gister se reën…
Ons lê lepel en êrens in die nag
word ons warm in onse samesyn.

Is my suster.
Die kombersies in dun en gate ingestryk…
Ons lê lepel en êrens in die nag
word ons warm in onse samesyn.

Is my ma.
Sy lê agter my, vol en halfnaakwarm …
Ons lê lepel en êrens in die nag
word ons warm in onse samesyn.

Is my pa.
Hy lê agter ma. Ek voel hy hou haar vas…
Ons lê lepel en êrens in die nag
word ons warm in onse samesyn.

Is ek.
Ek lê fnuikslaap in die knus gevang…
En ons lê lepel, en êrens in die nag
word ons warm in onse samesyn.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/n-sondagrefrein-vir-n-koue-nag
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17