Op Woes.co.za onder Gedigte

>n Wiegelied in MIV Majeur

My status nou eers sober,
stotter, skryend skandelik
soos 'n vloek vir jou vae verstaan
van vigs uit my siel.

Ek wil vir jou 'n liedjie sing.
Gifte bring.
Jou met liefde om en om kring.
Jou nek afwring.

'n wiegelied vals...
Soet akoorde in die moer gefnuik.
Wellustig die dodewals
vir die debutant gedans.

Slaap nou mamma se kindjie.
Hier aan my boesem gesmoor in sondevog.
Slaap nou mamma se kindjie
so stil sonder adem in my sondevog.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/n-wiegelied-in-miv-majeur
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17