Op Woes.co.za onder Gedigte

Nag van die lang messe

Mense glo nou dat as iemand
soos Eugene Terreblance
so wreedaardig vermoor kon word
dit vir elke blanke wag
en dat swartes jeuk
om te roof, in stukke te kap
en blankes te onteer
en vrouens te verkrag
en dat die regering dit propageer.

Daar word gedink
dat plase en huise
op dieselfde manier
as in Zimbabwe met geweld
gesteel gaan word
en talle mense wil nou
weg na die buiteland toe vort
om nie hier verarm te word
om in ‘n plakkerskamp te moet bly.

l’Envoi
Vriende en geliefdes van my
wil die nag van die lang messe vermy
wat hulle uit die geskrifte
van siener Van Rensburg kry
maar nog is die Een
wat by Bloedrivier kon red aan my sy.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/nag-van-die-lang-messe
Gert Strydom


Gert Strydom is in 1964 in Johannesburg gebore. Hy het aan Estcourt hoër skool gematrikuleer waarna hy ‘n Baccalaureus graad in Bedryf Administrasie (B.B.A.) aan Andrews University (Berrien Springs, Michigan, VSA) behaal het en is ‘n rekenmeester van beroep.

Hy was opgeroep vir verpligte nasionale diensplig in die Suid-Afrikaanse weermag (SAW) vir ‘n tydperk van twee jaar gedurende die tyd van die grens / bos oorlog en terwyl hy sy beroep gevolg het was hy opgeroep vir verskeie verpligte kampe vir verskeie maande as ‘n lid van die Suid-Afrikaanse burgermag en het deelgeneem aan die Nasionale Vaandelparade en aan Oefening Excalibur.

Sy voorliefde vir gedigte was geprikkel deur sy oorlede pa wat Afrikaanse gedigte voorgelees het, as deel van sy nagraadse studies aan UNISA. Hy het ook terwyl hy in Pretoria woonagtig was die digter slyp skool by die Huis van Afrikaanse Poësie onder mentorskap van Prof. Ian Raper bygewoon, waar van die ander digters veral Ian Raper, Rosa Smit, Mandi Engelbrecht, André (Francois) Viljoen, Luchie Möller, Karlien van der Merwe en Jan Lourens ‘n invloed op die slyping van sy vermoëns het. Van sy Afrikaanse gedigte verskyn op hierdie Woes web blad en van sy Engelse gedigte op:

http://www.poemhunter.com/gert-strydom
http://www.poetfreak.com/poet/GertStrydom
http://www.mabooki.com/authors/157_Gert_Strydom.htm

Van sy Afrikaanse gedigte verskyn op:

http://www.woes.co.za/bydraers/besonderhede/gert-strydom

© Kopiereg: Gert Strydom vir alle gedigte, verhale, artikels, resensies wat aan hierdie web bladsy aangeheg is


Jy daar

Hoe lank het ek verlang
dat jy verdwaal in my verse,
daarin iets betekenisvol vind
dat jy saam met my

vir die lewe lag en huil
terwyl jy oomblikke in my gedagtes verwyl.


As ‘n digter

As ‘n digter wou ek die wonderlikste sinsnedes maak wat mense verstom,
woorde skryf wat ander mense harte aanraak en niks enigsins vermom
en versreëls neerpen wat vir ewig soos monumente staan
maar toe besef ek dat alles uit U hand uit kom.

© Gert Strydom



Totale stukke publiseer: 4,970
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 4,810