Op Woes.co.za onder Gedigte

Ndabeni (1899)

'n Verligte moederstad vol belofte
kloek haar kinders bymekaar.
Besorgde stadsvaders waarsku hul eies
teen die driegende gevaar.

Haar kuikens bont gebroei,
verkeerd en swart geveer.
Wit doppe waaruit bloedjies breek,
skroppend die hoe'r kultuur wil leer.

Om rasegte hoenders egter suiwer te hou.
Luise, siektes, vuil en rotte hok te slaan,
te verhoed dat swartes uit hul doppe vlug
is die antwoord eenvoudig . . . be-kamp.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/ndabeni-1899
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17